Manne, toets jou prostaat
Soos gepubliseer in die Parys Gazette op 12 November 2020 Novembermaand staan ook bekend as Movember omdat mans aangemoedig word om ‘n snor te groei ter bewusmaking van gesondheidsprobleme wat mans beïnvloed, soos byvoorbeeld prostaatkanker. Dr Rudolph van Wyk, ‘n gesondheidspraktisyn in Parys beskryf die prostaat as “'n klier wat net onder die blaas sit en waarvaan die funksie is om voedingstowwe aan sperms te verskaf wat deel uitmaak van die semen.” Volgens Dr Van Wyk is prostaatkanker ‘n stadig-groeiende kanker en daarom is dit belangrik om jaarliks te toets daarvoor as jy oor 40 is. Die toets vir prostaatkanker is ‘n bloedtoets wat die vlakke van prostaat spesifieke antigeen (PSA) toets. Die prostaat is die enigste klier in die liggaam wat PSA afskei en daarom het vrouens geen PSA nie. Alhoewel ‘n rektale ondesoek dikwels saam met die bloedtoets gedoen word, is dit slegs ‘n absolute noodskaaklikheid waar daar ‘n probleem is met die urienvloei. Wat is die simptome van pro...